Stuur en luister na jou versoek op ons eie radio stasie.

Welkom by ons webblad.

Ek het hierdie webblad begin nadat ek op Faceboek op n webblad afgekom het vir enkelopende persone. Ek het binne minute besluit dat ek nie deel wil wees van daardie blad nie omdat dit baie naby aan n pornografiese blad is met alles wat daar gepos word. Ek het toe my eie pos geplaas en gekla daaroor. Ek het verwag dat die eienaars my sou afgooi maar dit het nie gebeur nie. Daar was egter baie dames wat die pos gevolg het en begin saam gesels het. Ordentlikke mense. Ek het toe begin dink aan die hele storie en het gevoel ek moet iets daaraan doen.

Die mense wat op daardie bladsye pos is eensaam en wil graag met ander mense gesels, iemand ontmoet en almal wil gelukkig wees.

Hier is wat ek toe besluit het.

Klik op die skakels om na die verskillende afdelings toe te gaan.

Ek begin my eie Faceboek blad.

My blad sal nie enige van die goedkoop gemors praatjies toelaat nie. As ons nie eers ordentlik en met respek op n publieke forum kan gesels nie, hoe gaan jy jou nuwe maat in die lewe hanteer? Met dieselfde kras, en pornografiese gedagtes?

Radio Luister en versoekke stuur.

Ek het n baie suksesvolle internet radio stasie gehad, Radio Sarie. Dit was die eerste Afrikaanse radio stasie op die internet wat van lewindige uisendings gebruik gemaak het. Ek praat nie van komersieele stasies nie, ek praat van internet radio. Lees gerus meer daaroop op die radio se webblad. Ek het toe so gedink. Wanneer ons in die aande op die web sit en na iemand soek, waarom kan ons nie saam radio luister en deel wees van die program nie? Versoekke stuur, jouself aan die mense voorstel ens.

Gesels Forum

As deel van hierdie hele nuwe idee het ek ook n forum gesig. Ek het n baie groot forum gehad, lees meer daaroor op Sarie Marais.Com dit was op sy tyd die grootste en besigste expat forum in die wereld en dit was in Afrikaans !! Dit was egter voordat Faceeboek bestaan het en hulle alles oorgevat het. Ek hou egter van die forum formaat omdat jy verskillende afdelings het waar jy kan gesels en dit is baie maklik om weer terug te gaan na n ou pos toe indien jy dit soek.

Op hierdie blad is daar ook n paar afdelings. Ek gee n kort beskrywing van elkeen hier.

Welkom

Dit is waar jy die reels lees en jouself voorstel.

Op die Stoep

Dit is waar ons oor alles en nog wat gesels

Radio Forum

Dit is waar ons vesoekke stuur en almal sommer lekker saamgesels

Vra hier

Op hierdie deel van die blad kan jy annoniem pos. Daar kom soms probleme in ons almal se lewens waarvoor ons antwoorde soek, maar nie regig wil vra nie. Hier is n kans om die moeilikke vrae te vra, hetsy persoonlik soos siekte, eggenoot wat ontrou is ens ens. Jy pos annoniem en die lede van die forum gee watter raad hulle ookal kan. Niemand sal weet wie die oorspronklikke pos geplaas het nie.

Ek het dit destyds op my forum gehad, Een was deur n Ginikeloog behartig en slegs dames kon die forum lees, n ander annonime deel was deur n sielkundige behartig. In albei gevalle kon jy annoniem pos. Dit het baie mense gehelp om antwoorde te kry.

Voel jy stout?

Hier mag die mense binne perke stout goed pos. Ek het dit in a aparte afdeling gesit sodat indien jy nie sulke poste wil lees nie, dan sal jy dit nooit sien nie.

Slotsom

Ek hoop om deur al hierdie goed bymekaar te bring ek dalk sal kan help dat ons eensaam aande dalk so nou en dan n glimlag sal bring en wie weet dalk onmoet jy daardie persoon na wie jy soek en verdien.

Sien jou hopelik sommer gou !!!

 

 

Blad sommer vinnig gebou 14 Maart 2017